Latest Namibia Breaking News Today

In die skadu’s van engele Sondag op die kassie – Art And Entertainment

[ad_1]

In die skadu’s van engele is ’n dankbaarheidsreis saam met die Suid-Afrikaanse sanger André
Schwartz waar liefde die voortou neem, genade die roetewyser is en die vlerke van engele die skadu
verskaf.
Hierdie reis van liefde en teruggee het sy oorsprong gehad om ’n braaivleisvuur waar ’n vriend van
André genoem het dit is tyd vir ’n kersalbum asook ’n nuwe Kersfeeslied. Die lied, Ek wens vir jou ’n
Kersfees, is gebore en daar word besluit om ’n konsertreis te onderneem na Namibië en gratis
vertonings in Windhoek en Swakopmund te hou om terug te gee.
In die skadu’s van engele word Sondag (22 Augustus) onderskeidelik om 10:30 en 12:00 op kykNET
en kykNET NOU! uitgesaai.
Die konserte was in die opelug en ’n besonderse ervaring vir almal teenwoordig. Elke persoon wat
die konsert bygewoon het, moes ’n geskenk vir ’n kind bring. “Die aantal geskenke en kwaliteit
daarvan het my sprakeloos gelaat,” sê André, “eintlik in trane”.
Hierdie letterlik kombivragte vol geskenke is uitgedeel by kinderhuise en hospitale. “My emosies het
my gereeld oorweldig wanneer ek dink aan die voorreg om vir hierdie beeldskone kinders ’n geskenk
te kan gee. Van een hand na die ander. Alles net liefde en seëninge,” vertel hy.
Die program self neem jou saam op reis deur Namibië en sluit ook in-diepte gesprekke met André
oor sy pad met Covid, MND, sy liefde vir diere, vriende en oumense in. Kykers kuier ook saam met
André op sy plaas en beleef sy ma, sy diere, sy vriende, sy gees en sy wyshede.
“Hierdie program is ’n mylpaal in my lewe – ek voel uiters bevoorreg dat ek die kans gegun is om so
’n program te kon maak.”
Sien die lokprent hier
[ad_2]
Source link

Related Articles

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Back to top button

Adblock Detected

Please consider supporting us by disabling your ad blocker